Die knie het 5 major ligamente:
Die ACL is ‘n hoof stabiliseerder van die knie en verhoed abnormale rotasie en vorentoe beweging in die knie. Oor tyd sal onstabiliteit weens ACL skade lei tot vervroegde degenerasie (osteoartritis).
ACL beserings kan gebeur tydens kontak sport (bv. rugby) sowel as nie-kontak sport (bv. netbal). Pasiente ervaar ‘n “Pop” gevoel met pyn en vroeë swelling. Die pyn raak wel minder na ‘n paar dae.
Die wêreldwye konsensus tov. behandeling van ACL beserings is rekonstruktiewe chirurgie in pasiente tot 50 jarige ouderdom en selfs ouer in baie aktiewe pasiente. Die ligament kan nie geheg word nie. ‘n Ligament rekonstruksie word artroskopies (met ‘n kamera) uitgevoer met hamstring of patella tendon geoes vanaf die pasient. Hierdie tendon oorplanting (“graft”) neem 6 weke om in been tonnels vas te groei en pasiente mobiliseer post-operatief gedeeltelik gewigdraend met krukke vir 4 weke. Terugkeer na kompeterende sport sal eers na 6-12 maande wees. Hul begin wel vroeg met rehabilitasie oefeninge onder leiding van Fisioterapeut en Biokinetikus. Die beplande eind resultaat na rehabilitasie is terugkeer na dieselfde aktiwiteitsvlak as voor die besering, maar ‘n klein minderheid pasiente sal nooit weer dieselfde vlak bereik nie.

Suite 2 Weskus Privaat Hospitaal,
Voortrekkerstraat 22
Vredenburg, 7380
022-7132227 / 022-7132237