‘n Totale heupvervanging word gedoen vir degenerasie van die heup gewrig of vir heup frakture in pasiente ouer as 50-60 jaar. Die indikasie vir die operasie is dus pyn en/of verlies van funksie of dan vir die frakture.

Gedurende ‘n heupvervanging word die ou femurkop (bal) verwyder en ‘n stam met nuwe kop ingeplaas. Die potjie of asetabulum word ook vervang. Deesdae word die meerderheid prosteses sementloos ingeplaas, maar sement word steeds gebruik in veral ouer pasiente met sagte been.

Die operasie word gedoen onder spinale narkose en sedasie. Pasiente begin mobiliseer op dieselfde of volgende dag met krukke/loopraam vir ondersteuning vir 4-6 weke. Hul word ontslaan op dag 3-4 post-operatief.

Gedurende die eerste 6-8 weke post-operatief mag pasiente nie in lae stoele of kruisbeen sit nie. Stort word ook aanbeveel bo bad. Pasiente kan eers self motor bestuur na 4-6 weke.

Na 3 maande kan pasiente begin met lae impak sport soos rolbal, dubbeltennis, fietsry en gholf.

Die gemiddelde lewensduur van die prostese is 20 jaar.

Bespreek 'n Afspraak

Suite 2 Weskus Privaat Hospitaal,
Voortrekkerstraat 22 Vredenburg, 7380

022-7132227 / 022-7132237