Bunions/Hallux Valgus

‘n Bunion is ‘n prominensie of knop op die binnekant by die basis van die groottoon. In teendeel met publieke opinie, is dit nie ‘n benige uitgroeisel nie maar eerder weens verwyding van die hoek tussen die bene (metatarsale) in die voet van die eerste en tweede tone. Sodoende raak die voorvoet breër.

Bunions is meer algemeen in vroue en persone wat hoëhak skoene of nou skoene dra. Weens die breër voorvoet skaaf die skoen teen die binneste prominensie van die voet met pyn en deviasie van die groottoon na lateraal (na 2e toon se kant).

Behandeling kan konserwatief simptomaties wees met die dra van breër skoene. Dit sal egter nie die deformiteit verbeter nie. Die meeste pasiente mag tot ‘n punt kom waar hul simptome lei tot chirurgie.

Tydens chirurgie word die hoek tussen die eerste en tweede metatarsale verklein met ‘n osteotomie deur die 1ste metatarsale been. Hierdie osteotomie word fikseer met skroewe of ‘n plaat. Pasiente word ontslaan op dag 1 met ‘n spesiale skoen en benige hegting vind plaas oor 6-8 weke.

Bespreek 'n Afspraak

Suite 2 Weskus Privaat Hospitaal,
Voortrekkerstraat 22 Vredenburg, 7380

022-7132227 / 022-7132237