Die knieskyf (patella) is soms ‘n baie onstabiele gedeelte van die knie. Veelvuldige faktore wil die patella verplaas na lateraal (buitenste helfte van knie), maar dit word verhoed deur die medio-patellofemorale ligament (MPFL) aan die mediale (binneste helfte) kant van die patella.
Wanneer die patella dislokeer na die buitekant van die knie (gewoonlik met rotasie en geringe buiging van knie), skeur die MPFL. Dit veroorsaak pyn en bloeding in knie. As die knieskyf nie self terugkeer na posisie nie, moet dit onder sedasie deur dokter terug gedruk word.
Sekere faktore verhoog die kans vir dislokasie/subliksasie van patella:
Na ‘n eerste besering van die MPFL, kan dit eers konserwatief hanteer word met rus, krukke en stut vir 6 weke. Sowat 70% van pasiente sal totaal stabiliseer. As egter steeds onstabiel na bg. behandeling, of by pasiente met bg. predisponerende faktore, word ‘n MPFL rekosntruksie gedoen met hamstring tendon. Dit sal heg in 6 weke en terugkeer na sport is na 3-6 maande. As die pasient ook patella alta het, moet die patella posisie verlaag word met bykomende tuberkel osteotomie. Dit verleng herstel na ten minste 6-8 maande.

Suite 2 Weskus Privaat Hospitaal,
Voortrekkerstraat 22
Vredenburg, 7380
022-7132227 / 022-7132237