Die rotatorkraag spiere bestaan uit ‘n groep van 4 spiere op die bladbeen (skapula). Hul tendons (senings) is geheg op die skouer knop (humeruskop). Die funksie van hierdie spiere is om die skouer knop in plek te hou en om te help met oplig van die bo-arm en rotasie.
Met tyd raak hierdie tendons swakker en mag skeur met varieërbare hoeveelheid trauma. Dit veroorsaak pyn veral as arm gelig word en snags. Daar is ook swakheid van die skouer bewegings.
Wanneer simptome inbraak maak op normale aktiwiteite weens pyn en swakheid, moet dit herstel word deur fiksasie op been met ankers. Dit word artroskopies of deur ‘n mini-insisie gedoen. Pasiente word die volgende dag ontslaan met ‘n skouer immobiliseerder (“sling”) vir 6 weke en ‘n rehabilitasie program by ‘n Fisioterapeut. Hegting vind plaas in 6 weke, maar volle herstel mag tot 6 maande neem.


Suite 2 Weskus Privaat Hospitaal,
Voortrekkerstraat 22
Vredenburg, 7380
022-7132227 / 022-7132237