Osteotomies

Die normale belyning van die onderste ledemaat is ‘n reguit lyn wat deur die middelpunt van die heup na die middelpunt van enkel strek. Hierdie lyn gaan dan ook deur die middel van knie of gering na die binnekant.

In bakbeen deformiteit (varus) sal hierdie lyn ver deur binnekant van knie loop en met “knock knee” (valgus) weer deur die buitekant van knie. As die belyning van die knie abnormaal is, kan dit lei tot vervroegde degenerasie van die binne of buitekant van die knie in jong pasiente (<50 jaar oud) weens die verhoogde lading daar.

Osteotomies kan gedoen word om hierdie deformiteite te korrigeer en om die lading diensooreenkomstig te verlig in betrokke kompartement.

Vir varus deformiteit word ‘n oopwig osteotomie onder die knie in die tibia gedoen. ‘n Wig been word ingeplaas en fikseer met plaat en skroewe. Sodoende word die gewigdra lyn verskuif na buitenste kompartement van knie.

Vir valgus deformiteit word ‘n oopwig osteotomie bo die knie in die distale femur gedoen met ook inplasing van wig been en fiksasie met plaat en skroewe. Die gewigdra lyn word nou verplaas na binneste kompartement.

Pasiente word gemobiliseer met krukke gedeeltelik gewigdraend op geopereerde been. Ontslag is op dag 1-2 post-operatief. Benige hegting neem 3 maande maar daar is funksie verbetering tot op 1 jaar.

Bespreek 'n Afspraak

Suite 2 Weskus Privaat Hospitaal,
Voortrekkerstraat 22 Vredenburg, 7380

022-7132227 / 022-7132237