‘n Totale knievervanging word gedoen vir osteoartritis of dgenerasie van die knie. Die kraakbeen van die knie is dus verdun en verweer sodat die onderliggende been ontbloot is. Met tyd sal die wrywing by hierdie verweerde oppervlaktes pyn, swelling en styfheid veroorsaak, veral met aktiwiteit. Dit kan ook lei tot deformiteit van die gewrig.
Die ideale tyd om ‘n knievervanging te oorweeg is wanneer die ongemak lewenskwaliteit verlaag word weens pyn en verlaagde aktiwiteitsvlak.
Tydens ‘n knievervanging word slegs die gedegenereerde gewrigsoppervlak verwyder en vervang met ‘n prostese wat fikseer word met been sement. Die chirurgie word gedoen onder spinale narkose en sedasie en mobilisasie met krukke of loopraam word op dieselfde of volgende dag begin. Gemiddelde hospitaal verblyf is 3-4 dae of 5 dae vir bilaterale prosedures. Pasiente is gewoonlik volledig onafhanklik gemobiliseer teen 4-6 weke.
Na omtrent 3 maande kan pasiente begin deelneem aan lae impak sport bv. rolbal, dubbeltennis, gholf, fietsry en loop. Soms sal die knie klik geluide veroorsaak maar dis normaal.
Die gemiddelde lewenstydperk van die prostese is 20 jaar.
Suite 2 Weskus Privaat Hospitaal,
Voortrekkerstraat 22
Vredenburg, 7380
022-7132227 / 022-7132237