Unikompartementele (gedeeltelike) Knievervanging

Die knie het 3 kompartemente: patellofemoraal (agter knieskyf), mediaal (binneste helfte van knie) en lateraal (buitenste helfte van knie). Vir degenerasie van slegs 1 kompartement en mits alle ligamente intakt is, kan ‘n unikompartementele vervanging gedoen word.

Die voordele van ‘n gedeeltelike vervanging bo totale vervanging is dat dit ‘n kleiner operasie is en die knie voel meer soos ‘n normale knie. Teoreties is dit ook makliker om ‘n revisie na totale vervanging te doen as wat ‘n revisie van ‘n totale knievervanging is.

Die prosedure word gedoen onder spinale narkose en sedasie. Die prostese word met sement fikseer of sementloos as die been sterk is. Pasiente begin op dieselfde dag of volgende dag mobiliseer met krukke of loopraam vir 4-6 weke. Pasiente word gewoonlik ontslaan op dag 3-4 post-operatief.

Die gemiddelde leeftyd van die prostese is 15-20 jaar.

Bespreek 'n Afspraak

Suite 2 Weskus Privaat Hospitaal,
Voortrekkerstraat 22 Vredenburg, 7380

022-7132227 / 022-7132237