Die knie het ‘n mediale (binneste) en laterale (buitenste) meniskus of kraakbeen skyf wat funksioneer as skokabsorbeerders en ‘n mate van stabiliteit aan die knie verskaf. Die meniskus het slegs bloedvoorsiening in die buitenste derde van die skyf.
Meniskus beserings/skeure (algemeen genoem as kraakbeen beserings) ontstaan sonder veel trauma. Dit veroorsaak intermiterende pyn, veral snags, sowel as swelling.
Meniskus beserings word behandel met artroskopiese chirurgie (“key hole”). Die algemeenste skeur vind aan die biinekant van die meniskus plaas en word behandel met eksisie (gedeeltelike menisektomie) van die los flappe. Pasiente gaan dieselfde dag huis toe en kan loop sonder hulpmiddels. Herstel is gewoonlik in 3-4 weke.
Wanneer die skeur plaasvind op buitenste derde van meniskus in jonger pasiente, word dit herstel met ankers en steke. Post-operatief mobiliseer hierdie pasiente met krukke vir 4-6 weke.
‘n Spesiale tipe meniskus skeur is die sg. posterior horing skeure waar die anker van die meniskus los skeur in die agterste gedeelte van die knie. In die jonger pasient word dit ook artroskopies herstel teen been met steke deur been tonnels. Mobilisasie is met krukke vir 6 weke.




Suite 2 Weskus Privaat Hospitaal,
Voortrekkerstraat 22
Vredenburg, 7380
022-7132227 / 022-7132237