slide 1

Welkom

Dr. Naude Marais is ‘n Ortopediese Chirurg met spesiale belangstelling in Knie en Heup sowel as Skouer chirurgie. Hy het as Ortopediese Chirurg gekwalifiseer in 2003 vanaf Tygerberg Hospitaal, Universiteit Stellenbosch. Dr. Marais is in privaat praktyk sedert 2004 en is heeltyds betrokke by die holistiese (konserwatief of chirurgies) behandeling van ortopediese pasiente.

Sy spesialiteit is artroskopiese (“key hole”) en rekonstruktiewe vervangings (knie en heup) chirurgie. Hy is ‘n aktiewe lid van die SA Knee Society (SAKS) en SA Shoulder and Elbow Society (SASES), sowel as die International Society of Arthroscopy, Knee Surgery and Orthopaedic Sports Medicine (ISAKOS).

Praktyk

Dr. Naude Marais is voltyds in Ortopediese privaat praktyk by Weskus Privaat Hospitaal te Vredenburg sedert 2004. Hy verskaf ‘n toegewyde Ortopediese Chirurgie diens met spesiale belangstelling in artroskopiese knie en skouer chirurgie sowel as knie- en heupvervangings chirurgie (artroplastie). Hy lewer ook sekere algemene Ortopediese dienste in hand en voet chirurgie sowel as trauma chirurgie.

LEES AAN

Chirurgie Inligting

Knie Vervangings  Heup Vervangings

Bespreek 'n Afspraak

Suite 2 Weskus Privaat Hospitaal,
Voortrekkerstraat 22 Vredenburg, 7380

022-7132227 / 022-7132237